Met die  verspreiding van die virus en die gevolglike lockdown wat ingestel is, het dit ons almal op verskillende maniere geraak, maar meestal besighede wat nou sukkel om salarisse en rekeninge te betaal.

Die enigste kliente wat dekking gehad het vir verliese in die inperkings tydperk was eienaars van Gastehuise en B&B’s, tensy hulle die korrekte afdelings op die polisse gehad het.

Daar is eise uitbetaal vir bespre-kings wat gekanselleer was, asook die depositos wat hulle moes terugbetaal.

Besighede het gewoonlik ook die afdeling Sake-onderbreking op hul polis en daaronder is ‘n uitbreiding  “gebeurlikheid Sake-onderbreking” wat dekking gee as die besigheid moet sluit as iemand ‘n aansteeklike siekte sou opdoen, maar die uitbreiding is nie nou van krag nie aangesien die siekte nie hier ontstaan het nie – so daar kan nie vir verliese ge-eis word nie.

Baie persone sukkel nou om hul maandelikse polispremie te betaal en wil dus alles kanselleer.  Neem net in ag, dit is jou bates wat verseker is en as iets gebeur soos ‘n huis wat afbrand, is dit ‘n groot finansiële verlies.  Gesels met jou makelaar, verminder die items wat 

op polis verseker is, maar hou die belangrike items soos die geboue en voertuie.  Items soos selfone, laptops, juweliesware is duur items om te verseker, maar ons is almal nou meestal by die huis, dus is die kanse om die items te verloor nou minder.  Dit kan altyd, wanneer dit beter gaan weer verseker word.

Van die Groot rolsplelers in die Versekeringsbedryf het wel besluit om kliente tegemoet te kom – kontak jou makelaar om uit te vind hoe dit jou gaan raak!

Indien daar enige persoon is wat nog verdere inligting verlang, kontak my gerus.

Brentia Redelinghuys, Acii
Financial Advisor / Manager

C: 082 469 4484

T: 044 801 5900

F: 086 528 9142

E: brentia@securitas.co.za

W: www.securitas.co.za

The views and opinions expressed here are those of the authors and do not necessarily reflect the official policy or position of Blitsdruk. Any content provided by our contributor or authors are of their opinion, and are not intended to malign and religion, ethic group, club, organization, company, individual or anyone or anything.

Open chat
Good day, how can we be of assistance?